Tuesday, August 24, 2010

Raaisels

Weet jy wat?....Kat se blat!

"Hier kiep-kiep, daar kiep-kiep, woerts in die hoekie?
Wat is dit?
'n Besem"

Hierdie een moes jy vinnig gesê het vir effektiwiteit.
"Vlag van agter, oorlog van voor, dis 'n hond.
Wat is dit?
'n Hond"
As iemand sê dit 'n hond, dan sê jy neeeee..........dis 'n raaisel.

"Dis my perdjie, hoe verder hy gaan, hoe korter raak sy stertjie.
Wat is dit?
'n Naald en garing"

" 'n Elektriese trein ry noord. Watter kant toe trek sy rook?"
'n Elektriese trein het nie rook nie."

5 comments:

  1. Wat het 'n stertjie van voor en 'n stertjie van agter....

    'n Olifant!!

    ReplyDelete
  2. Wat se die twee ene vir mekaar toe die sewe verby stap?

    Jis, kyk daai ou se groot kyf!!

    ReplyDelete
  3. Wat het die nul gese toe die agt verby hom stap?

    Hoekom is jou belt so styf!!!

    ReplyDelete
  4. Wat het die skilpad vir sy vriend gese toe hy gaan bungee?

    Hou my dop!!!

    ReplyDelete
  5. VINNIG !!

    Algemene yskaste is watse kleur?
    In moeilikheid skree j om ____?

    Wat drink 'n koei?

    ReplyDelete