Tuesday, August 24, 2010

Kinderprogramme

Die top afrikaanse kinderprogramme:
Brakenjan:
Honde wat as musketiers uitgebeeld word en vir die koning van
Engeland veg.

Sinbad:
Die klein seuntjie wat rond vaar en reis en baie avonture ervaar.

Sandokan:
Sandokan die seerower, gebaseer op sinbad, afgespee in die ooste, maar nie as mense nie maar diere.
Heidi:
Wie ken nou nie vir Heidi en Peter nie. Die dogtertjie wat by haar oupa
in die alpe gebly het en saam met die bokwagter, Peter,gespeel het.

Tao Tao:
Die Mamma Pandabeer wat vir haar kleinding; Tao-Tao, en sy maatjies, stories vertel.

Dawie die Kabouter:
'n Kabouter wat elke dier en mens in nood gehelp het.                       
Dan was daar ook trolle watmoeilikheid veroorsaak het in die woud.

Mina Moe
Was 'n koei wat 'n melkprodukte fabriek gehad het. Haar helper se naam was Karing Ramkat. Na die drink van 'n melkie uit hierdie fabriek, het hy "superkragte" gekry waarmee hy die skobbejakke genaamd Bak en Terie, maan toe geskop het, want in elke episode was daar 'n sabotasie poging.
Moemin:
Moemin was 'n wit seekoei wat saam met sy ma (mo-mamma) en
pa (mo-pappa) in 'n vallei gewoon het. En saam met sy maatjies
Momei, Mei-mei, Boe-boe, Snifsnaf en Stinkie avonture beleef het.

Liewe Heksie:
Goeie,liewe, "lucky", vergeetagtige, maar nie altyd so slim Levinia Heks, het saam met Blommie Kabouter, Karel Kat en die ander inwoners van blommeland nuwe dinge ontdek. Koning Rosekraans het altyd van Liewe Heksie en haar perd "Griet", wat perongelik getoor word, gebruik teen die gifappeltjies en die geelheks wat blommeland wou oorneem.

Mannemarak:
Mannemarak ("alien") het in sy ruimtetuig saam met Kompie (sy rekenaar) die aarde kom ondersoek, om uit te vind hoe dit lyk en hoe alles werk.



               

20 comments:

  1. Ek love Brakenjan, maar hy is Frans. Die Franse Musketeers het die Engelse Koning gehelp op 'n stadium...

    "Hoekom is hierdie standbeelde nie van KAAS gemaak nie..."

    "Kyk net hoe skaats ek...!"

    Pom RULE

    ReplyDelete
  2. My favourites in my kleintyd was ook gewees natuurlik Mannemarak, Tao-tao op Sondae, Sinbad en Sandokan wat ons Mamma in skooltyd vir ons getape het! En moenie van Biker Mice From Mars en Mummies Return vergeet nie!

    As mens met deesdae se kinders praat, word daar gepraat van Sonic te hedgehog, en Looney Toones. Wat ek natuurlik van ons tyd onthou, is dat al ons storietjies in Afrikaans oorgeklank is. Maar mens kom dit nie eers agter nie.

    ReplyDelete
  3. Een van my favourites was die swart kat en hoe hy altyd sy suster se sykouse steel. Ek wonder waar is hy vandag? Misdadegers beware!!!

    ReplyDelete
  4. Wie kan vir Niels Holgerson onthou wat die wereld verken op sy wildegans Akka se rug? En moenie vergeet van Lucky Luke en sy perd Rofty nie.

    ReplyDelete
  5. Roftie was Brakenjan se perd. Ek dink Lucky Luke se perd was iets soos Jolly Jumper? Wetie. Maar dit was altyd so cool as Lucky Luke so stil-stil die dom Dalton-broers uitoorlê het.

    ReplyDelete
  6. Pumpkin Patch!!!! En ja Lucky Luke se perd is JOlly Jumper. En moenie vergeet van Gummi BEARS!! EN He-MAN!!

    ReplyDelete
  7. Ek was mal oor Sinbad en Brakenjan. Ag en Dawie die kabouter wat die Tannie oorkant die straat vir my "getape" het.

    ReplyDelete
  8. Hallo daar
    Anna Emm Productions het op 6 Desember 2012 die eerste gratis Afrikaanse TV kanaal vir kinders op die internet ge"launch"! Lekkerbekkie.TV stroom Afrikaanse kindeprogramme gratis 24 uur 'n dag regoor die wêreld. Lekker kyk!

    ReplyDelete
  9. Mense mense daar was ook:

    Die Kabooters, Die Gestewelde Kat, Wiekie die Viking en Pokkel die Eekhoring!!

    ReplyDelete
  10. Hier is nie dalk iemand wat weet waar ek almal in die hande kan kry nie??

    ReplyDelete
  11. waar kan mens hierdie kinder stories te koop kry?

    ReplyDelete
  12. waar kan mens hierdie kinder stories te koop kry?

    ReplyDelete
  13. Kan enige iemand nog die bietjies van die bietjiebos onthou?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja, so bly iemand anders onthou hulle. BietjieMooi, BiethieKwaai, ens. Was my gunsteling program

      Delete
    2. Was my gunsteling. Weet iemand dalk waar mens dit in die hande kan kry? Bietjie buks en bietjie lief, sal wat gee om dit weer te kyk!

      Delete
    3. Die bietjies van groenheuwelwoud dink ek was die naam. Was my all time gunsteling storie en sal baie geld betaal om die reeks in die hande te kry.

      Delete
  14. Wie kan storie onthou in 90s met spookies?

    ReplyDelete
  15. Dit was seker Casper the friendly ghost?

    ReplyDelete
  16. Kan enige iemand die kabouters wat deur die ruimte op 'n boot gevaar het onthou? Die wetenskaplikes wat die vrugte gekweek het op die boot was 'n tweeling as ek reg onthou. Help asb. met die naam!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dit was die Kabooters gewees. Waar kan mens die stories weer opspoor?

      Delete